Geld-vlug al groter

Suid Afrikaanse eiendoms maatskappye neem tans miljarde rande die land uit deur beleggings oorsee te doen.

Dit vind plaas as gevolg van die swak ekonomie, verhoogde munisipale tariewe en belastings, asook politieke onsekerheid in die sektor asook vrese van perseel besetting. 

Beleggings oorsee in 2018 was bykans vier keer meer as wat plaaslik spandeer  is.  Sentraal- en Oos Europa blyk die mees gewildste oorsese markte te wees. 

Kenners sê as dit ‘n maatstaf is van sakevertroue in die land, dan lyk die prentjie donker vir die jare wat kom.