Gekondisioneerde volk?

Met die eerste moord op ʼn blanke boer was dit voorblad nuus in elke koerant, hartseer verhale is op televisie uitbasuin, en manne het met gebalde vuis beduie wat alles gaan gebeur.

Nou is dit 25 jaar later, en skugter word die plaasmoorde in klein beriggies bekendgemaak, terwyl die meerderheid in die media nie n woord rep oor die gruweldade nie.

Slegs enkele instansies en indiwidue laat hulle stem hoor, en die ergste is dat die meerderheid van die blanke bevolking klaarblyklik onbewus is van die gruwelike aanvalle waar di wreedste denkbare metodes toegepas is om mense te dood.

Die intimidasie en verdringing van die Afrikaner se reg om in sy eie taal op die skoolbank geleer te word, en sy reg om in die sakewêreld op beskaafde wyse in Afrikaans bedien te word, het vervaag en grootliks verdwyn in die oorgrote aantal ondernemings.

Die groot entiteite het onbeskaamd verklaar dat hulle voertaal Engels is, en niemand het in verset gegaan nie.

Die patetiese behandeling in die staatshospitale, die onprofessionele optrede van n gevoellose polisiediens, die nasionale uitsaaier se min ure van uitsaai in Afrikaans, is alles geregverdigde redes om in burgerlike verset te gaan, maar helaas, die klippe sal dit eerder uitroep, maar nie die Afrikanervolk nie.

Die klein minderheid in die volksbestaan wat nog beswaar maak, wat vreesloos sy taal en burgerregte op beskaafde wyse in stand hou,, kan nie alles staande hou vir die slaprug volksgenote wat soos hensoppers geword het nie.

Sal daar dan ooit ʼn dag wees waarin die massas erken dat hulle onderdrukking erger is as wat die Britse onderdrukking van ons volk se regte was na die Tweede Vryheidsoorlog?

Ons volk is reeds so geïntimideer en gekondisioneer dat daar nie meer n besef is dat die burgerregte steeds van krag is, en dat dit nie net Steve Hofmeyr se verantwoordelikheid is om rug styf te maak nie.