Eskom en sy bedmaat MultiChoice

Eskom gaan gebuk onder bedrog, geldwassery, onwettige tender toekennings en diefstal wat daartoe lei dat die Hoof Uitvoerende Beampte van die entiteit of afgedank of regterlik aangekla word van allerhande onderduimse bedrywighede. 

Die “lewensduur” van ‘n hoof uitvoerende beampte by Eskom is nie baie lank nie.  Die wat nog probeer om sake reg te ruk bedank gou-gou weens die werklading, rompslomp en inmenging van raadslede en politici. 

Nou kom MultiChoice se huidige hoof van Eskom op hul raad . Voeg hierby sy voorsitterskap van Anheuser-Busch InBev Africa raad, Sun International en die Casino Assosiasie van SA. 

Sakemanne vra wanneer gaan hy tyd kry om Eskom reg te ruk, en wat is MultiChoice se beweegrede rondom sy aanstelling?