“Ek sal Brittanje weer sterk maak”

In die woorde van President Donald Trump, het die nuwe Eerste Minister van Brittanje, Boris Johnson, gesê hy sal Brittanje weer sterk maak.

Die Britse geldeenheid, die Pond, het dieselfde dag  vir ’n tweede keer na benede gestort op die aandelebeurs, maar dit het geen indruk op die premier gemaak nie.

Johnson het gesê die afhandeling van Brexit op 31 Oktober sal van Brittanje weer die wonderlike plek wees om te woon en te werk, alhoewel daar harde werk wag om eers afgehandel te word.

Met sy in trek in Downingstraat 10 het die premier gesê ’n nuwe ooreenkoms sal binnekort onderhandel word met die Europese Unie, maar ook die EU gewaarsku dat ’n verhindering sal beteken dat “geen ooreenkoms” dan van krag sal wees wat ook ernstige nadele vir Europa inhou.

Hy weer herhaal dat sy regering se doelwit is om Brexit af te handel op 31 Oktober om dan die Verenigde Koninkryk voorspoedig vorentoe te neem en Brittanje weer sterk te maak.