E-tol stryd nog nie gefinaliseer

Die stryd tussen die groot munisipaliteite van Pretoria en Johannesburg  teen die ANC regering is nog lank nie verby of deur een party gewen nie.

Met minister Tito Mboweni se siening dat e-tol gekom het om te bly, en dat pad verbruikers hulle tolgeld moet betaal, is dit duidelik dat die ANC nog diep verdeeld is oor die wenslikheid al dan nie vir die omstrede stelsel.

Burgemeesters sê die e-tol is nie vir Gauteng nodig nie, en moet gestaak word, maar kenners reken die duur stelsel sal nie sommer met ’n Ja verwyder kan word nie.

Die grootste teenstander is Outa, wat vol hy is besig om die stryd te wen met die verdeeldheid in die ANC, veral om miljarde rand se uitstaande skuld nie ingevorder gaan word nie

Die argument dat ’n R0-10 heffing op brandstof veel groter inkomste sal verseker om paaie in stand te hou, word deur ’n groot deel van die regerings se parlementslede ondersteun.

Meningsvormers meen die e-tol stelsel is gekies omdat dit met ’n korrupsie omkopery gepaard gegaan het, maar geen bewyse kon daarvoor gevind word nie.