E-Tol slurp Prasa se geld op

Die “staat” is besig om nuwe wetgewing voor te lê wat sal beteken dat fondse wat vir Prasa geallokeer is oorgeplaas gaan word om die mislukte Sanral e-tol stelsel te befonds. 

R2 miljard is glo betrokke by die oorplasing nadat daar reeds in 2018 R 3 biljoen van Prasa geld oorgeplaas is na Sanral.

Vervoer ekonome meen dit is ‘n stap in die verkeerde rigting aangesien die spoor vervoer netwerk dringend geld benodig om die verouderde infrastruktuur te verbeter sodat spoorvervoer weer sy regmatige plek kan inneem in die Suid Afrikaanse vervoerstelsel en die druk op paaie  verlig.