Duitsland lanseer ruimte teleskoop

Die wetenskaplike instansie Roskosmos het ’n Duitse-Russiese ruimte teleskoop gelanseer om ’n bestaande teleskoop te vervang.

Die nuwe teleskoop sal wetenskaplikes instaat stel om waarnemings van meer as ’n 100,000 verskillende Melkweë te doen, wat ook beskou word as ’n nuwe era in ruimte navorsing.

 Die Russiese ruimte agentskap het Saterdag die Spektr-RG ruimte teleskoop wat gesamentlik deur Duitse en Russiese deskundiges vervaardig is, gelanseer en daarmee die kontak met die vorige teleskoop afgeskakel.

Die vorige teleskoop het reeds in Januarie gestaak om te reageer en moes noodgedwonge vervang word, maar die nuwe teleskoop was toe reds in aanbou.

Drie maande na lansering word die volgende stap toegepas wanneer die teleskoop “geposisioneer” word in die ruimte, en daarna moet dit “gekalibreer” en dan getoets word voor dit amptelik in gebruik geneem word.

Die teleskoop is vervaardig met die doel om die sogenaamde “swart gat” teorie verder na te vors .