Duitse vrou word EU voorsitter

Ursula von der Leyen

Die uittredende voorsitter van die Europese Unie het ’n beroep gedoen op die Europese Parlement om steun te gee en Ursula von der Leyen as sy opvolger.

Haar nominasie vir die amp het sterk steun gekry, maar die vêr linkse Groenes en Sosialiste het ernstige besware aangeteken wat uiteindlik geïgnoreer is.

Sy is die tweede vroulike wat aangewys word in sleutel posisies van die EU strukture nadat Christine Lagarde aangewys is as hoof van die Europese Sentrale Bank.

Ursula von der Leyen is tans nog Minister van Verdediging in die kabinet van die Duitse kanselier, Angela Merkel, en word oor die algemeen hoog aangeslaan vir haar bekwaamheid.

Dit is die eerste keer dat twee vroue aangewys word in die twee belangrikste poste van die Europese Unie, maar Ursula von der Leyen se verkiesing moet nog bevestig en goedgekeur word.