Duisende werksgeleenthede, miljoene rande

In ’n eerste fase van meer as 40 verskillende projekte wat glo die SA ekonomie gaan stimuleer, behels beleggings van R840 miljard en bykans 160,000 werksgeleenthede.

Vier van die 43 projekte van die privaat sektor wat die wankelende ekonomie ’n hupstoot kan gee, gaan eersdaags afskop, het die ANC se president gesê.

Die vier projekte sluit ondermeer in die uitbreiding van ’n Beefmaster slagpale en ontbeen fabriek, die oprigting van ’n vervaardigings aanleg vir motorvoertuig onderdele, ’n plantasie en papier prosesse nywerheid, en ’n landbou ontwikkelings agentskap.

Die 43 projekte sal oor ’n tydperk in bedryf gestel word, maar daar is geen verdere inligting beskikbaar nie en kenners sê die tyd sal leer watter soort ondernemings te wagte kan wees, en wie die beleggers is.