Duisende verloor werk by Deutsche Bank

Deutsche Bank het bekend gemaak dat 18,000 werkers in die volgend paar jaar tot 2022 afgelê sal word om die bank se finansiële krisis te oorbrug.

In die afgelope vier jaar het Duitsland se grootste bank gebuk gegaan onder enorme druk, en het verskeie welgesteld Duitsers gesê hulle sal ingryp as die bank nie self daarin slaag om sy krisis te bowe kan kom nie.

Die aflegging sal beteken dat een uit elke vyf werkers hulle pos gaan verloor om die entiteit se nuwe rondte van herstrukturering moontlik te maak.

In ’n verklaring het die Bank gesê die herstrukturering sal meebring dat sowat 74,000 werknemers in 2022 nog in diens sal wees.

Die afleggings sal ’n besparing meebring van sowat $6,7 miljard per jaar, wat die bank weer op volle sterkte kan plaas na 2022.