Die skandaal is nie skandalig

Mzwandile Masina

Die burgemeester vam Ekurhuleni, Mzwandile Masina, het geweier om te aanvaar dat hy enige iets verkeerd gedoen het in die skandaal van ’n chemiese toilet tender ter waarde van R1,9 miljard.

Hy het probeer verduidelik dat die drie kaar tender wat toegeken is in Junie 2016, kan nie sy fout wees nie want hy het eers in Augustus 2016 begin as burgemeester.

Hy sê die media vra hulle vrae aan die verkeerde persoon oor die aangeleentheid, en as antwoorde gesoek word, moet hulle die mense vra wat toe betrokke was in die toekenning van die tender.

Hy het aanbeveel dat Mondli Ngugubele oor die skandaal uitgevra kan word wat glo ’n vennoot was in die African Independent Congress (AIC), maar sê ook dat slegs R872 miljoen spandeer is op die toilette.

Hy sê daar is niks verkeerd gedoen nie, en daar is nie ’n R1,9 miljard skandaal by die munisipaliteit nie.