Die Rooi Brugade se voorspelling

Die geveg tussen die ANC minister, Pravin Gordhan en die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het die Rooi brigade se leier ook genoop om ’n eier te lê.

Die Brigade se leier het in die parlement gesê hy waarsku dat na die Gordhan eskapades verby is, sal die minister sy tweede slagoffer takel.

Die EFF leier oorspel dat Minister Lindiwe Sisulu sy volgende slagoffer is, en toe ook nie nagelaat om die ANC president te betrek by die hele saak nie.

Hy sê Cyril Ramaphosa het sy plig versuim om op te tree teen minister Pravin Gordhan, en kritiek gelewer omdat die adjunkminister van Finansies, David Masondo, weggeneem is van die Openbare Beleggings Korporasie (PIC).

Malema het gesê Ramaphosa se optrede laat hom dink aan die dae toe Mbeki as president vir Peter Mokaba geïsoleer het, want dit is wat hy nou met Masondo doen.