Die OB verloor weereens

Die onbevoegdheid van die Openbare Beskermer het weereens na vore gekom in die hofsaak wat Maandag in die Pretoria Hooggeregshof afgespeel het.

Sy het die klag teen Minister Pravin Gordhan oor sy beweerde optrede by die SA Inkomstediens en sy betrokkenheid by ’n sogenaamde :geheime” struktuur van die inkomstediens verdedig.

Die optrede van die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, om Gordhan nie die geleentheid te gee om sy saak aan haar te verduidelik nie, het opslae veroorsaak.

Kenners sê al sou die minister skuldig wees aan ’n oortreding, kan sy basiese reg om sy saak aan haar te stel, nie geïgnoreer word nie, en word haar optrede ten sterkste veroordeel.

Die optrede van Busisiwe Mkhwebane word allerwee beskou as ’n vete teen die minister en bewys ook haar onbevoegdheid om op te tree as Openbare Beskermer.

Met haar hofsaak koste wat reeds die R1 miljoen kerf bereik het, en die moontlikheid om haar werk te verloor as OB, bied die toekoms haar weinig van rooskleurige vooruitsigte.