Die drie ape

Die beeldjies van die drie ape kom na vore as die Zondo kommissie voortsleep. Die een aap hou sy ore toe, die ander sy oë en die ander sy mond. Nou kom die groot meneer en sê:  “Ek kan nie onthou nie, ek kan niks sê nie,  ek was nie daar nie”

Dit is Jacob Zuma se antwoord op van die vrae aan hom. Hy poog om nou die groot martelaar te wees op wie almal die blaam wil plaas  en selfs doods dreigemente ontvang. 

Hy poog om die aandag af te trek van sy betrokkenheid by die Staatskaping proses deur allerhande beskuldigings teen persone en instansies wat hom glo diskrediteer en van hom ontslae wil raak. 

Politieke ontleders waarsku dat Zuma se aanval op die ANC se leierskap  ‘n storm binne die party kan ontketen.  Intussen het die geld baron, Johann Rupert, vir Zuma afgemaak as ‘n patologiese leuenaar.