Die Boris Johnson revolusie begin

Eerste Minister Boris Johnson van Brittanje het sy revolusie begin om Brittanje weer sterk te maak, en om dit deurgevoer te kry, het hy sy kabinet geskommel sodat almal pro-Brexit is, en dinamies gaan beweeg om die ekonomie weer op dreef te kry.

Premier Johnson het sy span opdrag gegee om die wiele aan die rol te sit wat ekonomiese omkeer kan meebring wanneer uittrede uit die Europese Unie ’n werklikheid is.

Hy beplan reuse projekte wat die ekonomie “turbo aangedrewe” sal maak en het reeds buitelandse beleggers oortuig van sy motiewe deur honderde aanstellings in die polisiediens goed te keur.

’n Belangrike spoorverbinding tussen Londen een Leeds is in die vooruitsig gestel wat ’n jarelange probleem van infrastruktuur sal oorbring, en skep ook nuwe vertroue in die Britse ekonomie wat eersdaags “buite die EU” sal funksioneer.

’n Belangrike gesprek oor nuwe handels moontlikhede sal binnekort met die VSA gevoer word nadat die Verenigde Koninkryk uit die EU getree het.

Talle nyweraars en sakelui wat skepties was oor die moontlikheid van uittrede uit die EU sonder ’n ooreenkoms, het nou van mening verander en kan die Johnson revolusie dalk die knoop deurhaak vir ’n suksesvolle ekonomiese roete.

Johnson het weer ’n waarskuwing gerig tot die EU en gese die grens kwessie van Ierland moet eenkant gelaat word as die EU nie sonder ’n ooreenkoms wil wees met die Britte nie.

Slegs enkele dae nadat Johnson ingehuldig is as premier, het meningspeilings getoon dat die Konserwatiewe Party 10% meer steun het as die linkse Arbeidersparty, en meningsvormers glo die tendens sal verder toeneem na mate Johnson se beleid tot uitvoer gebring word.