Die afwesige president

Cyril Ramaphosa

Terwyl die land brand, moorde daagliks toeneem en staatsentiteite meer en meer geld opslurp is die ANC president van die land besig om van vergadering tot vergadering rond te “vlieg”.

Hy en sy hele gevolg van ministers en ander BBP is pas terug vanaf die G5 beraad waar hy sy onkunde rondom tegnologie voor die wereld uitgeblaker het rondom die Huawei-kwessie en G5 ontwikkeling.

Hy is van hier weer oppad na Nigerië om deel te neem aan die 12de buitengewone sitting van die Afrika Unie. Hy word  vergesel van Naledi Pandor, Tito Mboweni en Ebrahim Patel.

Die doel van die sitting is om ‘n Afrika Interne Mark daar te stel. Dit sal oor dertien jaar in volle werking wees na 17 jaar se onderhandelings. Wie by die ooreenkoms gaan baat sal hulle alleen weet.