Die 4de revolusie in Afrika

Die vierde industriële revolusie het lankal aangebreek, en nou het Afrika skielik gehoor van die nuwigheid en wil nou met alle mag die spul bemeester en waarskynlik totaal oorneem wat oorgeneem kan word….

Met die entoesiasme van die president, Cyril Ramaphosa, klink dit werklik of Suid-Afrika die revolusie binne enkele maande gaan betree ,

Die president wil nuwe vakke vir leerlinge instel by skole, om wie weet wanneer vrugte te lewer, veral as in aanmerking geneem word dat Afrika nog nie eers die eerste revolusie onder die knie het nie, al is die wêreld se leesstof daaroor beskikbaar.

Die binnebrand masjien is besig om sy laaste stuiptrekkings te geem en niemand weet of Afrika die werking daarvan behoorlik verstaan nie, en met die koms van die elektriese motorvoertuig gaan die maar sukkel om die in Afrika met sy min kragnetwerk t akkommodeer.

Nou praat die president van die Digitale revolusie, maar toe die wereld se lande hulle ondernemings gegee het om die radiowese om te skakel na digitale stelsels, was SA op die voorpunt om te onderteken, maar die sperdatum het gekom en gegaan, en niks het gebeur nie…..

Bou sal Afrika moet studeer dat dit bars, ander gaan die vierde revolusie ook verby sonder enige bydrae uit die donker kontinent….

Jan de Beer