City Power se krag verkope stol

Die kliënte wat normaalweg hulle elektrisiteit aankoop by City Power, sal bereid moet wees om te wag weens ’n tegniese probleem op die webblad.

Na verneem word, is die webblad deur ’n virus lamgelê wat beteken dit gaan ure neem voordat die webblad beveilig is en toegang om elektrisiteit te koop

Weer moontlik is.

Die probleem het honderde kliënte in verleentheid gebring wat die koue moet trotseer omdat hulle nie krag aankope kan doen nie.

City Power is die eiendom van die Johannesburg munisipaliteit het in ’n verklaring bekend gemaak dat die webblad deur ’n rekenaarvirus besmet is en dit kan etlike ure duur voor toegang weer moonlike is.

Na berig word is die munisipaliteit se webblad nie die enigste punt wat besmet is nie, want die databasis is ook saam met ander sagteware aangeval en besmet.

Die virus aanval is so ernstig dat hulle selfs ’n probleem het om fakture te laai op hulle stelsel en kan selfs die hele stelsel benadeel.