Carl Niehaus verdedig Jacob Zuma

July 21, 2017. BETTER LIFE FOR ALL Former political prisoner, ANC spokesman and MP Carl Niehaus expounds on white monopoly capital at Zimbali golf estate. Pic: JACKIE CLAUSEN. © Sunday Times

Kort voor Jacob Zuma voor die Zondo kommissie sou verskyn, het die verloopte kommunis Carl Niehaus verklaar dat hy nie glo dat Zuma verantwoordelik is vir die staatskaping nie.

Hy reken dat die media besig is om Zuma voortydig te veroordeel.  Dit ten spyte daarvan dat Themba Maseko, voormalige woordvoerder vir die kabinet, asook Mcebenzi Jonas, oud Adjunkminister van Finansies en Vytjie Mentoor,  die voormalige ANC president, Jacob Zuma beskuldig het en uitgewys het as ʼn sentrale rolspeler in die staatskaping proses. 

Niehaus en lede van uMkhoto weZizwe (MK) het Zuma ondersteun en geloof vir sy lewenslange stryd in die land.  Daar het egter nie veel gekom van die duisende Zuma ondersteuners wat by die verhoor sou opdaag nie, en die verwagting dat meer as 5,000 mense teenwoordig sou wees, was n misgissing.