Brittanje beveilig vragskepe met begeleiding

Brittanje het in ’n verklaring bekend gemaak dat hy ’n oorlogskip stuur om al;e olietenkskepe wat onder die Britse vlag vaar, te beskerm teen aanvalle of kaping.

Die gevaarsone is die Hormuz seegebied in die Golf en Brittanje het reeds probleme met een skip waarop Iran beslag gelê het, en wil voorkom dat iets soortgelyks weer gebeur.

Dit is ’n algehele ommekeer in die Britte se benadering nadat daar voorheen gepoog is om niks te doen wat die Internasionale Ooreenkoms oor kernwapens met Iran sou skaad of in gevaar sou bring nie.

Waar Brittanje se regering onder Theresa May alles probeer het om nie die spanning te verhoog met Iran nie, het die Johnson regering ’n nuwe benadering van kragdadige optrede.

Die Golf seeroete is die wêreld se belangrikste deurgang vir olietenkskepe en die Amerikaanse regering se voorstel om die roete te beveilig met die samewerking van alliansie vennote, het tot hede nie byval gevind nie.