Britse ambassadeur na VSA bedank

Kim Darroch

Die Britse ambassadeur na Amerika het ’n storm om sy kop laat losbars toe hy in ’n vertroulike e-pos die Amerikaanse president, Donald Trump, en sy regering bestempel het as uiters lomp.

Die e-pos is na die media gelek, en het ’n storm ontketen, het hom sy werk gekos nadat die voorloper in die veldtog om premier te word, Boris Johnson gesê het hy “gooi die ambassadeur onder die bus in”.

President Donald Trump het op die sosiale netwerk te velde getrek teen die ambassadeur Kim Darroch waarna sy ondersteuners hewig gereageer het teen die gewraakte optrede van die Britse ambassadeur.

Trump het later op die sosiale netwerk gesê hy sal nie verder handel met die “very stupid” ambassadeur nie.

Die Britte is weereens verdeeld oor die aangeleentheid met ’n deel wat Theresa May steun wat gesê het sy staan by haar ambassadeur, en ander steun Boris Johnson wat die ambassadeur verdoem vir sy opmerking.