Brasilië: Hof sê Iran skepe kan brandstof kry

Die Hooggeregshof in Brasilië het beslis dat Petroleo, wat aanvanklik geweier het om vragskepe van Iran van Brandstof te voorsien, verplig is om die skepe te help.

Twee van Iran se vragskepe, wat vol gelaai is met graan, was gestrand en kon nie terugkeer na Iran weens ’n tekort aan brandstof.

Hoofregter Dias Toffoli het ’n vorige laerhof uitspraak omgekeer en gesê die twee skepe moet van brandstof voorsien word deur die Petroleo maatskappy.

Die twee skepe is reeds etlike weke gestrand en moes ’n tweede keer die hof nader voor toestemming verkry kon word om brandstof aan te vul.

Die brandstof verskaffer het geredeneer dat daar ’n sanksie verbod teen vragskepe van Iran van krag is wat deur die Verenigde State ingestel is, en wou nie in ’n internasionale geding betrokke raak nie.

Brasilië se Minister van Buitelandse Sake heet gesê die brandstof verskaffer kan probleme kry as die VSA teen hom optree, maar dit is ook ’n probleem as die hof ander bevele gee.