Boris Johnson beloftes lyk verdag

Die stryd om Theresa May se amp as Eerste Minister van Brittanje oor te neem, laat die kandidaat Boris Johnson beloftes maak wat met wantroue bejeën word.

In sy reeks van beloftes, waarvan sommige nou vervaag, sê Johnson hy wil dat Brittanje al die fasette van Brexit afhandel met die Europese Unie voor die volgende algemene verkiesing in 2022.

Die afhandeling van uittrede is egter nie ’n eenvoudige proses nie, en kenners meen dat kan tot ses jaar neem om al die fasette daarvan afgehandel te kry.

Vroeer het Johnson onderneem en belowe dat hy die Verenigde Koninkryk op die gestelde datum van 31 Oktober uit die EU sal lei.

Intussen het politieke ontleders gesê so ’n stap is nie moontlik nie, en het Johnson daarvan beskuldig dat hy leë beloftes maak om die kiesers te mislei ten einde die nuwe premier te word.

Sy opponent kandidaat, Jeremy Hunt, het hom daarvan beskuldig dat hy nie die indringende vrae wat aan hom gestel word, beantwoord nie.