Boere betaal duur vir veiligheid

Plaas aanvalle wat dikwels die lewens van nog ’n voedsel produsent kos, is die ergste wat landbouers deesdae tref, maar dit is nie die enigste probleem wat boere se wins opslurp nie.

Boere is gedwing om weens die hoë vlak van misdaad wat oor die hele land strek, hulleself en hulle huisgesinne, sowel as die werkers, te beskerm teen die moord en roof bendes.

Gedurende 2018 het die landbouers sowat R2 miljard spandeer om veiligheid op te skerp, en dit is ’n gegewe werklikheid dat die syfer nog verder gaan styg in 2019 met die groot toename is aanvalle en diefstal van vee en gesaaides wat nog nie geoes is nie.

Die euwel waarmee boere sit word al moeiliker beheerbaar, want groot mielielande word snags dur die kwaaddoeners besoek, en word duisende rand se mielies op die wyse weggedra na swart woongebiede terwyl ander dit op die straathoeke sit en smous.

Veediefstal is ewe moeilik beheerbaar, en boere ly jaarliks duisende rand skade met vee wat gesteel word, en die beveiliging van die diere gaan gepaard met uiters hoë koste wat direk teen die winsgewendheid van die bedryf inwerk.