Boeing stel miljoene dollar beskikbaar

Die vliegtuig vervaardiger Boeing van Amerika het aangekondig dat hy $100 miljoen oor die volgende aantal jare beskikbaar sal stel in die twee lande waar Boeing vliegtuie neergestort het weens ’n vervaardigers fout.

Twee Boeing 737 Max vliegtuie het vyf maande uitmekaar neergestort in Indonesië en die ander in Ethiopië wat die dood van al die passasiers en bemanning veroorsaak het.

Die skenkings sal gemaak word aan plaaslike regerings ’n organisasies wat nie-winsgewend bedryf word.

Die bedoeling is om families en gesinne wat swaar verliese ly weens die ongelukke, finansieel te ondersteun.

Ingeligte kenners sê miljoene dollar sal ook uitbetaal moet word aan families wat eise teen die Boeing maatskappy instel, en kan die vervaardiger in ’n ernstige finansiële krisis dompel.

Die twee ongelukke het die dood van 346 lewens geëis, waarvan die meerderheid waarskynlik eise sal instel teen Boeing.