Bloedsuiers tap SA motoriste

In ’n verslag wat pas vrygestel is word getoon dat Suid-Afrika se motoriste deur “bloedsuiers” getap word met swaar heffings terwyl min van die beoogde aanwending daarvan terg kom.

Tien jaar gelede was die totale heffing op brandstof R1.77 en nou het dit R5.73 per liter geword.

Finansiële kenners wys daarop dat die regering die heffing op brandstof misbruik om hulle spandabelrige houding te handhaaf, ongeag wat die nuwe president van die land probeer sê.

Miljarde rand word jaarliks op die wyse gevorder, maar die publiek sê hulle sien niks wat die regering met die geld doen nie, behalwe om uitermatige hoë salarisse te betaal aan werkers wat nie altyd opgewasse is vir die pos wat beklee word nie.

Dit word gesien as een van die hoofredes waarom die ekonomiese stand van die belastingbetalers, sakelui sowel as die staat al armer word.