Binnegevegte

Die stryd om mag te bekom, en dit ook te misbruik, het die afgelope maande al sterker op die politieke horison verskyn en sal Suid-Afrika waarskynlik nog mer hiervan sien in die toekoms.

Die hewige geveg tussen die Openbare Beskermer, en die ANC se Minister Pravin Gordhan, sal waarskynlik in die hof besleg word aangesien die minister te kenne gegee het dat hy ’n dringend aansoek sal liasseer om sy naam skoon te kry. Dit is niks vremd dat die Openbare Beskermer nou pleit vir beskerming omdat sy bedreig voel en dringende beskerming vra, want hierdie magspel is nie tot een voorval beperk nie.

Daar is ook ’n ander geveg wat belangstelling wek, naamlik die tussen die voormalige minister, Trevor Manuel en die Rooi Brigade se leier wat toe R500,000 moet opdok vir naamskending.

Die derde voorval van ernstige aard is die bekgeveg tussen die Minister van Finansies en die hoof indoena in die Gautengse Metroraad wat tydelik bedaar het nadat die ANC president tussenbeide getree het om die strydbyl onder die seniors in ANC geledere te begrawe.

Die voorvalle is deel van die magstryd wat heers onder die ANC lede, en sal uitkring tot op voetsoolvlak omdat deeglike toepassing van dissipline nie juis deel van die kultuur is nie. Die waarheid van hierdie skerp verdeeldheid, en besondere magstryd oor wie is “hoër op” as ander, is so oud soos die swartmense self.

Die geskiedenis het getoon hoe swart leiers mekaar uitwis, en alhoewel dit vandag nie liggaamlike uitwissing is nie, is die “uitwissing” van Mbeki deur ’n magsbehepte Zuma slegs die punt van die ysberg, want later sou Ramaphosa hom in eie munt terugbetaal.

Dit is hierdie faktore wat slegs in die kleine na die oppervlakte kom wat die waarheid van dr, H.F. Verword na vore bring: As die volke nie geskei word in afsonderlike gebiede nie, sal hulle mekaar uiteindelik uitwis in die magstryd wat nooit sal eindig nie”.