Beskuldig iemand anders

OB Mkhwebane

Die voortslepende sage van die Bosasa skenking aan president Ramaphosa het nou ʼn wending aangeneem nadat die Openbare Beskermer die president beskuldig het van geld wassery. 

Ramaphosa poog nou om die skuld op Gavin Watson te plaas en ontken dat hy enige kennis dra van die R500,000 wat in sy CR17 rekening beland het.

Syfers toon glo dat die rekening R200 miljoen gehad het vir sy president verkiesingsveldtog maar ondersoeke wys ʼn veel groter bedrag. 

Die ANC president se 51 bladsye antwoord aan die OB het haar egter nie oortuig van sy onskuld nie, en sê dat hy doelbewus die parlement mislei het.

Sy wys daarop dat Ramaphosa nie Watson se donasie bekend gemaak het nie . 

In reaksie daarop antwoord die president dat die OB nie jurisdiksie het om die saak te ondersoek nie en dat haar ondersoek dus onwettig is.

 Hy het intussen versoek dat haar bevindings op hersiening geneem moet word.  Kenners meen dat Mkhwebane se verbintenisse met die staats sekuriteit raad gedurende die Zuma-era, dui op politieke inmenging.