Bende geweld laat dosyne sterf

August3, 2018. Minister of Police Bheki Cele speaks at a media briefing Picture: JACKIE CLAUSEN

Minister Bheki Cele

Die Minister van Polisie, Bheki Cele, beweer dat daar die afgelope naweek 43 mense in en om Kaapstad gedood is in bende geweld.

Hy sê 141 verdagtes is aangekeer deur die polisie, wat die indruk wek dat die Wes-Kaap die gevaarlikste plek in die land is weens die geweld.

Die ANC-regime het aangekondig dat soldate van die SA Weermag na die Wes-Kaap ontplooi gaan word, maar weermag offisiere is woedend vir die minister se ontydige aankondiging wat nou die verrassings element vernietig het.

Intussen het die troepe van die Weermag in die Wes-Kaap aangekom, maar is nog nie ontplooi om effektief die misdaad hok te slaan nie.

’n Woordvoerder sê die troepe kan nie dadelik ontplooi word nie, en die papierwerk moet eers afgehandel word.

Philippi, Steenberg en Delft, wat almal geteister word deur bruinmense wat in bendes opereer, sal deur soldate saam met die polisie beskerm word.