Bankrot Eskom wil nou optree

Eskom sê in ’n verklaring dat hy besluit het om in die toekoms nie die krag te voorsien aan gebiede wat herhaaldelik onderbrekings het weens lyn verbindings wat gesaboteer word, en meters wat met ander verbindings omseil word nie.,

Lyn verbindings veroorsaak kragonderbrekings wanneer onwettige krag aftappings gedoen word, en Eskom werkers word dikwels verjaag wanneer herstelwerk gedoen moet word.

Miljoene rand se krag word op onwettige wyse getap in lokasies en plakkerskampe, en tot hede het die kragvoorsiener voortgegaan met voorsiening aan die gebiede.

Waarnemers sê dit is die eerste positiewe stap wat die Eskom bestuur geneem het, maar hoop dat die krag ook nie verder voorsien sal word aan munisipaliteite wat nie hulle rekenings by Eskom betyds betaal nie.

Die onwettige tap van krag vanaf die hoof toevoer drade bring mee dat substasies uitbrand weens die feit dat hulle oorlaai word.