ANC wil optree teen Malema-groep

Die ontwrigting wat in die parlement veroorsaak is deur die Malema-groep tydens Pravin Gordhan se toespraak verlede Donderdag, het die ANC woedend gelaat en word optrede geëis.

Die ANC verwag dat die parlement nou optree teen die Malema-groep se onbeskaafde verset aksie in die parlement wat uiteindelik daartoe gelei het dat sekuriteit beamptes die groep moes begelei uit die parlement.

Waarnemers sê die optrede van die Rooi brigade het Suid-Afrika nog verder in die verleentheid gebring op internasionale vlak waar beleggers en politieke leiers al meer afsydig staan teenoor die Ramaphosa-bewind.

Kenners sê die land se sogenaamde demokratiese stelsel kom nou eers onder die aandag van buitelanders en word beskou as ’n land waar radikalisme hoogty vier.