ANC verdeeldheid styg steeds

Derek Hanekom

Die verdeeldheid in ANC geledere het die afgelope naweek weer skerp onder die ligte gekom toe die Veterane van die party hulle geskaar het by die vêr linkse Derek Hanekom.

Die ou Veterane het nie gehuiwer om hulle kritiek los te laat oor Ace Magashule se betoog teen Hanekom nie, wat aandui dat die omstrede Sekretaris-Generaal Ace se gewildheid verder afgeneem het.

Die Veterane Liga sê Ace en ander ANC lede wat teen Hanekom uitvaar, is besig om by korrupsie verby te kyk en die party te verdeel.

Die verdeeldheid sedert die Openbare Beskermer haar aanval op Pravin Gordhan geloods het, het die verskillende seniors in die party hulle geposisioneer in afsonderlike kampe.

Die oproep van Ramaphosa op groter eensgesindheid het op dowe ore geval, en nou wil dit lyk asof die verdeeldheid nog groter word namate die een oor die ander ’n oorwinning behaal in die ewigdurende magstryd.