Afrika leiers kry handelsooreenkoms

Dit het Afrika leiers vier jaar geneem om ’n ooreenkoms te bereik oor ’n vry handel akkoord in ’n poging om die 1,3 miljard mense van die kontinent te bevoordeel en “te verenig”.

Die ooreenkoms het die vestiging van ’n $3,4 triljoen ekonomiese blok moontlik gemaak wat volgens die leiers, ’n nuwe era sal inlui om die kontinent te ontwikkel.

Die ooreenkoms wat tydens die Europese Unie se vergadering in Nigerie bereik is, sal bekendstaan as die Afrika Kontinent Vry Handel Area en is deur Afrika leiers as ’n historiese gebeurtenis bestempel.

Vier-en-vyftig van die 55 Afrika Unie state het ooreenkoms bereik met Eritrea as die enigste lidland wat besluit het om nie deel van die nuwe ooreenkoms te word nie.

Waarnemers reken egter die handelsooreenkoms sal weinig bied aan die miljoene inwoners van die land, en sal waarskynlik net so oneffektief wees as die Afrika Unie.