Absa verwerp OB beskuldiging

Die Absa bankgroep het ontken dat hy geweier het om samewerking te bied aan die Openbare Beskermer oor die R500,000 wat op die ANC president se rekening inbetaal is.

Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer (OB) het Vrydag haar kantoor laat handel deur Absa te versoek om rekeningstate in verband met die ondersoek na die president se R500,000 skenking wat hy ontvang het.

Absa ontken ten sterkste dat die OB se kantoor so ’n versoek (of bevel) ontvang het, en verwerp dus die aanklag dat hy nie sy samewerking wou gee nie.

Ansa sê in ’n verklaring dat hulle dit op rekord plaas dat hulle nie bewus is van so ’n opdrag of versoek nie, en derhalwe nie beskuldig kan word dat hulle geweier het om saam te werk in die ondersoek nie.

Absa sê dat hy in die afgelope 12 maande slegs twee sulke opdragte ontvang het van die Openbare Beskermer se kantoor, en geeneen daarvan hou verband met die saak waarna tans verwys word nie.

Absa sê die vorige twee opdragte is uitgevoer in lyn met die wetlike verpligting wat op hulle rus, en nie een van die twee gevalle hou verband met die president nie.

Waarnemers sê die verkeerdelike optrede van die OB se kantoor kan ’n verdere rede word waarom sy moontlik ongeskik gevind kan word om haar werk na wense te doen.