Aardverwarming tref koue Alaska

Wetenskaplikes is bekommerd oor die rekord temperatuur wat in die Amerikaanse deelstaat Alaska ondervind word toe die kwik opgeskiet het na 32 grade Celsius.

Dit is die hoogste temperatuur wat nog in Alaska opgeteken is, en wat ’n geweldige negatiewe invloed het op die reeds verminderde sneeu en ys in die gebied.

Die normale maksimum temperatuur word op 19 grade gestel, en die vorige hoogste meting was toe die kwik op 29,4 grade gestaan het.

Die besonderhede is deur die Amerikaanse Nasionale Weerdiens gegee, en bygevoeg dat die gemiddelde temperatuur op 4 Julie 18,3 grade is, wat die jongste hoë meting kommerwekkend maak.

Sedert 1901 tot 2016 het die temperatuur gemiddeld met een graad Celsius in Amerika gestyg, maar in Alaska het dit gemiddeld  met bykans 3 grade gestyg.