Zuma kry weer pak slae

Die voormalige ANC president, Jacob Zuma, het nou ’n probleem nadat die hof beslis het dat hy die geld moet terugbetaal wat deur die staat aangewend is vir sy jarelange hofsake.

Die hof het beslis dat die staatsprokureur alle moontlike stappe moet neem om te verseker dat die geld terug gevorder word.

Verskillende bedrae is in die verlede genoem, maar dit kan wissel van R16 miljoen tot meer as R35 miljoen wat die staat oor meer as ’n dekade moes betaal vir hofsake waarin Jacob Zuma betrokke was.

Die eerste hofsaak wat ter sprake kom, waarvan Zuma die geld moet terug betaal, dateer so vêr terug as 2006 met die kriminele saak teen hom oor beweerde spioenasie opnames.