Wildtuin personeel staak (weer)

Die eens beroemde Nasionale Kruger Wildtuin se personeel staak en besoekers aan die gewilde oord is gevra om geduldig te wees by hul aankoms en verblyf  aangesien sekere lede van die personeel besig is met ‘n staking.

Dit is nie die eerste keer dat die Park probleme ondervind met arbeiders nie, maar dit wil lyk asof die huidige staking ook ernstige nadele vir die bedryf inhou.

Onbevestigde berigte lui dat internasionale toeriste reeds begin het om hulle verblyf te kanselleer weens die stakings.

Die ongerief wat gereelde besoekers tans moet verduur, het ook binnelandse toeriste na ander vakansieoorde laat beweeg, n sommiges het selfs na buurstate uitgewyk.