Wes-Kaap boere geteiken

Die afgelope maande het die Wes-Kaap se boere die teiken geword van die barbare wat moorddadig op onskuldige mense toesak.

Die naweek is nog ’n boer vermoor, en die rede waarom die volksmoord voortgaan, is heel eenvoudig.

Die moordenaars is in die meeste gevalle werkloses, wat sukkel om ’n bestaan te voer, en weet as hulle betrap word, of later in hegtenis geneem word, beteken dit tronkstraf.

Tronkstraf is vir baie ’n “uitkoms” uit die haglike situasie waarin hulle verkeer, en is nie vir almal ’n straf nie.

Die moord op Stefan Smit (62) is ’n voorbeeld van wat aan die gang is, want niks is gesteel tydens die moord aanval nie. Dit is egter bekend dat hy ’n grondeis teengestaan het, en die vermoede bestaan dat die grondgrypers agter die hele aanslag sit.

Vroeër, toe die draer van ’n plakkaat, “We want land” gevra is wat gaan hy met die grond doen as hy dit kry, was daar net oë wat gesak het, en geen antwoord nie.