Wêreld Nuusflitse

Noord-Korea

Die kommunistiese Noord-Korea sê die vermoorde half-broer van die president, Kim Jong-Un, was ’n CIA agent vir die Amerikaanse regering.

Japan

Eerste Minister Shinzo Abe van Japan beplan om die leiers in Iran te besoek, en is ten doel om die spanning in die streek te probeer verlig.

Hongarye

Deskundiges is besig om die boot uit die rivier te haal wat enkele weke gelede gesink en die dood van sowat 30 mens veroorsaak het toe dit in ’n botsing betrokke was.

Sjina

’n Sjinese webblad wat gereeld die finansiële stand van Sjina aandui, is onverwags gesluit om “opgradeer” te word, maar kenners meen die kommunistiese regering het die webblad laat sluit weens die swak beeld wat uitgestraal word.