Waar is die Gupta verslag!

Thuli Madonsela Sinai Indaba

Die Openbare Beskermer se probleme word al meer, en haar uiteinde is om die draai as al die teenkanting in aanmerking geneem word.

Die vorige Openbare beskermer, Thuli Madonsela, het glo navraag gedoen oor die “onverwagse” sluiting van die verslag oor die Guptas se Waterkloof landing met hulle privaat vliegtuig.

Die verslag word blykbaar nie verder hanteer nie, en daarmee word Staatskaping ’n tree verder geneem, sê politieke meningsvormers.

Die omstrede Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het klaarblyklik die verslag wat handel oor ’n gebeurtenis wat die hele Suid-Afrika tot stilstand geskok het, stilweg gesluit en sedertdien het geen haan daarna gekraai nie.

’n Bekende regskenner het aan Die Vryburger gesê die optrede van die Openbare Beskermer, kan as dit werklik gevind word dat sy die verslag afgesluit het, haar aan ernstige misdrywe skuldig gemaak het.

Hy reken sy kan aangekla word van regsverydeling en selfs van sameswering, wat tot tronkstraf kan lei.