Vulkaan veroorsaak paniek

Alhoewel die eilandbewoners van Indonesië gewoond is aan die vulkaniese gevare, is daar nou ernstig kommer oor die massiewe rook en as wat kilometers hoog die lug ingeblaas word.

Die owerheid het waarskuwings uitgestuur oor die geweldige groot wolke massa van rook en as wat ontwrigting kan veroorsaak uit die vulkaan op die Sumatra eiland.

Inwoners op die eiland is erg ontsteld dat die vulkaan tot uitbarsting kan kom aangesien die rook en as besonder dig is ’n baie hoog die lug in geblaas word.

Die vorige vulkaan uitbarsting op die eiland in 2010 het na bewering soortgelyk begin as wat nou gesin is.

Die owerheid het mense gemaan om nie sonder maskers te wees nie, en te alle tye gereed te wees om positief te reageer wanneer die owerheid versoeke rig.

Indonesië het sowat 130 aktiewe vulkane, en is redelik vertroud met hoe om te reageer wanneer die gevare dreig van moontlike uitbarstings.