VSA onbetrokke in Midde-Ooste konflik

Die Verenigde State van Amerika het geen belang om betrokke te raak in die Midde-Ooste se konflik nie, behalwe om sy eie belange in die gebied te beskerm.

Die VSA sal ook toesien dat internasionale seevaart roetes vrye toegang bied vir skepe, sê die VSA Militêre woordvoerder.

Die verklaring volg nadat twee olie tenkskepe in die Golf van Oman aangeval is en deur die VSA beskou word as ’n daad waaragter Iran sit.

Bykans die helfte van die wereld se olie word deur die Golf van Oman vervoer deur reuse tenkskepe, en die onveiligheid wat tans ervaar word, kan die base van tenkskepe laat besluit om hulle rote te verander, wat die olieprys wêreldwyd kan beïnvloed.

Die twee aanvalle van verlede week het die olieprys dadelik laat styg met 4%, en ekonome meen dit sal nog verder styg weens die onsekerheid.