VSA en Sjina se gesprek bly stram

Te midde van hewige spanning tussen Amerika en Sjina, het die waarnemende Minister van Verdediging, Patrick Shanahan , samesprekings gevoer met sy Sjinese eweknie, Wei Fenghe.

Shanahan het die Sjinese daarop gewys dat hulle die veiligheid in Asië bedreig en dat die VSA bereid is om gesprek te voer oor ’n moontlike handelsooreenkoms.

Die gesprek tussen Singapoer en die Pentagon was in ’n redelik gespanne atmosfeer, maar wel bestempel as :konstruktief en produktief”.

Die Amerikaanse minister het sy Sjinese ampsgenoot gewys op die ernstige ontevredenheid van talle lande oor Sjina sy seegebied met kunsmatige eilande uitbrei, maar wat nie deur die VSA erken sal word nie.

Die gesprek het egter ’n skrale 20 minute geduur, wat daarop dui dat die twee lande nie gretig is om met mekaar te kommunikeer nie, is gesê.

Die Amerikaanse veldtog teen die Huawei maatskappy van Sjina, is nie bespreek nie, maar vorm wel deel van die spanning tussen die twee lande.