Vragmotor aanvalle duur voort

Dit is nie meer net die N2 in die Kaap nie,  maar nou ook die N3 tussen Johannesburg en Durban waar vragmotors geteiken word  deur aanvallers.  Die nuutste waarskuwing kom aan motoriste om nie die N3 hoofroete tussen Johannesburg en Durban te gebruik na sonsondergang nie.  Aanvalle op vragmotors het sulke afmetings aangeneem dat geen verkeer meer veilig is op die roete na sononder nie.

Ekonome wys op die geweldige invloed wat dit uitoefen op die reeds sukkelende ekonomie van die land, en die mening bestaan dat dit die handelsektore nog verder gaan knou.

Suid-Afrika het juis die afgelope maand die grootste aantal sakeondernemings gehad wat gelikwideer is, en die belemmering van hoofpaaie gaan die syfer verder laat styg, word gesê.

Waarnemers reken die kwaaddoeners behoort vinnig deur die polisi vasgevat te word deur self die roete t ry, maar die onwilligheid om wet en orde te handhaaf, is steeds waarneembaar.