Vlieëniersvereniging dreig SAA

Die Vlieëniersvereniging van SAA het die bestuur kennis gegee van ‘n moontlike staking deur vlieëniers, die eerste in die 80-jarige bestaan van die vakverbond. 

Die aanstelling van Zuks Ramaisia as tussentydse hoof van SAA het gelei tot die dreigement.  Na die bedanking van Jarana as Hoof Uitvoerende Beampte het die Vlieëniersvereniging gevra dat iemand wat ervaring het rondom lugvaart aangestel moet word in sy plek.

Zuks word as onervare beskou en was SAA se operasionele bestuurder en sy het nie die ervaring en agtergrond om die pos te vul nie. 

Die Vereniging het verder verklaar dat hul nie sal stil sit en toesien hoe die agteruitgang van SAA voortduur nie,  daarom is daar nou ‘n streep getrek en sal aksie geneem word. 

Intussen word die tegniese adviseur van SAA, Saki Tlou daarvan beskuldig dat hy ‘n buite egtelike verhouding het  met ‘n kollega.