Vlaams Belang oorweeg minderheidsregering

Barbara Pas

Die hoof onderhandelaar, Barbara Pas, van Vlaams Belang, het in ’n radio onderhoud gesê die moontlikheid dat Vlaams belang ’n minderheidsregering vorm, is nie uitgesluit nie.

Die nasionalistiese Vlaams Belang het die grootste steun gekry in die afgelope verkiesing, maar die Nuwe Vlaamse Alliansie (N-VA) oorweeg ook die moontlikheid om in Vlaandere ’n minderheidsregering te vorm.

N-VA sal egter ’n koalisie vennoot moet vind, en oorweeg moontlike samewerking met die Open VLD.

Vlaams Belang het almal verras toe hy die meerderheid stemme getrek het terwyl verskeie ander partye hulle hoop gevestig het op ’n beter resultaat vir hulle eie partye.

Vlaams Belang streef daarna om Vlaandere tot onafhanklikheid te lei deur af te skei van die Franstalige deel van België.

Barbara Pas het egter beklemtoon dat Vlaams Belang alle moontlike opsies oop hou, en kan selfs as effektiewe opposisie van die regering wees.