Verpleër pleeg 100 moorde

Niels Hoegel

Niels Hoegel is daaraan skuldig bevind in ’n Duitse hof dat hy minstens 85 pasiënte vermoor het in die hospitaal waar hy werksaam was.

Die verpleër is daarvan beskuldig dat hy 100 pasiënte in ’n kliniek in Oldenburg  Duitsland se dood bespoedig het.

Niels Hoegel is tronk toe gestuur om lewenslank agter tralies te sit vir die dood van 85 pasiënte oor wie hy moes toesien dat hulle versorg word.

Dit is die grootste aantal moorde sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog wat nog in Duitsland plaasgevind het.

Hy het die pasiënte ’n dwelmverwante inspuiting gegee en dan held gespeel deur te probeer om die pasiënt “se lewe te red”.

Die regter het gesê dit is onmoontlik om die moordenaar ’n straf op te lê wat hy moet kry, want daarvoor I sy lewe te kort.