Verlaat die rotte nou die sinkende skip

Jeff Radebe

Jeff Radebe en Siyabonga Cwele is die nuutste lede uit die vorige kabinet wat ook bedank het as parlementslede. Voeg hierby  Susan Shabangu, Dipuo Letsatsi-Duma en Nomaindia Mfeketo, dan is dit ses oud- ministers wat skielik nou nie meer kans sien om in die parlement te dien nie.

Radebe word “geloof” omdat hy ses kabinet poste in sy termyn beklee het.  Die skuiwe was tekenend na 1994 om ‘n minister “weg” te neem uit een posisie as dit nie goed gaan in die departement, net om hom of haar te her-ontplooi in ‘n ander portefeulje. 

Politieke ontleders vra tereg of die bedankings gesien word as ontevredenheid omdat hul gepos is of is daar ander duistere redes agter die bedankings?