Venezuela: VSA stel strenger sanksies in

President Nicolas Maduro

Die Amerikaanse Departement van Finansies het aangekondig dat die druk op Venezuela verder verhoog word met sanksies op maatskappye wat deur die staat besit word.

Die jongste maatreëls het ten doel om die druk op die president van Venezuela, Nicolas Maduro, te verskerp met verdere beperkings te plaas op sy olie uitvoere, wat die land se enigste noemenswaardige uitvier produk is.

Venezuela word ook geknel weens die VSA se verbod om verdunnings  produkte aan hulle te lewer om die dik olie te verdun voor dit uitgevoer word.

Westerse lande erken nie die Maduro regering nie, en die opposisieleier, Juan Guaido word algemeen as die tussentydse president erken met die hoop dat Maduro sal uittree en demokratiese verkiesings gehou kan word.