Venezuela krisis duur voort

President Nicolas Maduro

Die president van Venezuela, Nicolas Maduro, het gesê die land se veiligheidsmag het ’n kaping deur die opposisieparty gefnuik wat ondermeer hom sou uitskakel as president van die land.

Hy beweer ook dat ander politieke leiers van sy party benadeel sou word, en is ’n voormalige militêre offisier bedoel om as nuwe president aangewys te word.

Hy sê die voormalige offisier het reeds geruime tyd tronkstraf uitgedien en sou tot nuwe president verkies word na ’n suksesvolle kaping.

Venezuela gaan gebuk onder ’n swaar ekonomiese las wat veroorsaak is deur die wanbestuur van die diktator, en duisende inwoners wyk uit na die buurlande soos Brasilië, Columbië en Peru.

Venezuela is een van die wêreld se rykste olielande, maar weens die swak bestuur verkeer die land in ’n ernstige krisis waar voedsel en mediese produkte nie beskikbaar is nie.   

Intussen word berig dat ’n tweede vliegtuig met Russiese soldate in die land aangekom het, en die vermoede bestaan dat Maduro die Russe gevra het om te help teen ’n moontlike Amerikaanse inval.